Vroue-retraite skep geleentheid vir moed skep

Veertien vroue het gedurendende die naweek van 16 tot 18 Februarie saam weggebreek van hul daaglikse roetine en ritme en aangesluit by ’n stil retraite op die Stilleboschplaas in Stellenbosch,  onder leiding van ds. René Potgieter.  Die tema van die retraite was, Kyk in die spieël.  “Ons het ’n slag na ons self gekyk,” sê ds. René Potgieter, “maar veral ook na hoe God na ons kyk.  

“Daar was baie geleentheid vir stil word en oordenking, maar ons het ook ‘n paar werksessies gehad.  Een van die sessies wat baie spesiaal was, was die klankmeditasie wat deur dr. Siegfried Louw aangebied is.  Dit was ’n inspirerende naweek waar ons geleentheid gehad het om baie by mekaar te leer en werklik weer moed geskep het vir die nuwe jaar met die vele uitdagings wat almal in hulle onderskeie lewens moet hanteer.”