Gemeenteseun as leraar van Drieankerbaai-gemeente bevestig

Erik Zulch is op 11 Februarie as leraar van die Drieankerbaai-gemeente in Seepunt bevestig.  Erik het grootgeword in Stellenberg-gemeente en ons is saam met hom, sy ouers, Philip en Connie Zulch, asook sy verloofde, Lara Breytenbach, opgewonde oor sy bevestiging en sy bediening in die gemeente.

Stellenberg spog met vyf ander gemeentekinders wat ook teologie studeer.  Madelain Strümpher, Jaco Wolstenholme, Tian Brand, Isak Vivier en Mia van der Merwe is almal gemeentekinders wat tans voltyds teologie studeer.  Mia van der Merwe is ook tans besig om haar gemeentejaar by Stellenberg  af te lê.