MARIA, dogter van Evert, die restaurant op die kerk se terrein, het amptelik op Maandag 15 Januarie geopen. Die restaurant se elegante, dog huislike atmosfeer, sal jou asem wegslaan en die personeel is gereed om die besoekers met outydse sjarme en hartlikheid te bedien. Op die spyskaart is daar te kies en te keur, van heerlike gebak tot smullekker ontbyte en middagetes. Varsgebakte brode is ook daagliks te koop. MARIA bied die ideale plek vir buite kuier (met speelplek vir woelwaters), of vir ’n vinnige koffie tussen afsprake. Die binnenshuise ruimte spog met fyn gedekte tafels en afsonderlike eetkamers waar kuiergaste privaatheid kan geniet.
Op die foto bo geniet Deon Maree, terreinbestuurder van die gemeente ’n welverdiende koppie koffie. Hy was Maandagoggend die restaurant se heel eerste klant.
Besprekings kan aanlyn gemaak word by www.maria.capetown.
MARIA se besigheidsure:
Weeksdae: 07:00 tot 17:00
Saterdae: 08:00 tot 13:00
Sondae: Gesluit