Getroue gasvrouens lê die tuig neer

Lidmate is die oor die afgelope jare heen op Sondagoggende na die eredienste met watertandlekker gebak, geroosterde toebroodjies en vele meer in die markplein bederf.  Die drie gasvrouens, van links Charlene van Zyl, Susan van Zyl en Annemarie Liebenberg, staan ook nie net in die markplein reg met lekkernye nie.  Hulle is al drie ook by die feesmark werksaam.

Charlene en Susan bak die heerlike vrugtekoeke wat jaarliks een van die feesmark se topverkopers is.  Op die foto links is die gedugte ma-en-dogter-span juis besig om die vrugtekoeke te verpak.  Annemarie verkoop ook pannekoeke en wafels – wat sy met heerlike vulsels omtower– in die kostent.

“Ons is baie dankbaar teenoor dié drie gasvrouens vir die tyd wat hulle opgeoffer het en die gehalte-eetgoed wat hulle weekliks in die markplein voorgesit het,” sê ds. Marius Breytenbach.  “Ons gun hulle die ruskans”.