Ons wil graag alle seniors in die gemeente uitnooi om die volgende datums in hul dagboeke aan te teken.
3 September: Oggenddiens met koek en tee na die diens. Ons nooi jou om indien jy wil ’n hoed tydens die erediens te dra.
4 September: Dr. Stephan le Roux, persoonlike welstandkonsultant, gesels oor algemene gesondheid om 10:00 in die kleinsaal. Bring asseblief ‘n pen saam na die sessie.
5 September: Lenteontbyt met ’n toneelopvoering om 10:00 in die saalkompleks. R80 per kaartjie.
Bespreek by ontvangs: charlotte@stellenberg.co.za