“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Johannes 16:33).
Broer Roger van die Taize-gemeenskap skryf dat een van die kenmerke en kwaliteite van ‘n gesonde innerlike lewe is die ervaring van gemoedrus of vrede van die hart.
Dit is daardie wete dat jou lewe in God se hande is ook al voel dit asof dit daagliks asof spanning en bekommernisse besig is om dit uitmekaar te laat val. En om dan te weet dat jy steeds stil, kalm en tevrede mag rus in God se beloofde en liefdevolle teenwoordigheid. Dít, skryf hy, is gemoedsrus of vrede van die hart.
Hy begin sy meditasies oor die waarde van vrede of rus in ons gemoed met die opmerking: “Being wracked with worry has never been a way of living the gospel. Founding your faith on torment would mean building a house on sand.”
Nee, wat ons gedurig moet hoor, so vervolg hy dan, is die woorde van Jesus destyds aan sy dissipels, woorde wat ons vandag ook met vertroue vir onsself mag toe-eien: “Vrede laat Ek vir julle na. My vrede gee ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie onsteld wees nie en julle moet nie bang wees nie.”
Vrede in die hart skep ‘n ligtheid van gees en ‘n vrymoedigheid om telkens weer op te staan uit jou ellendes, angs en broosheid en om aan te gaan wanneer mislukkings of terugslae ondraaglik voel.
So mag die Here, ons vandag vrede gee