Ek lees vandag vir ons ’n ou gebed voor van Dawid uit die Psalms. Dis ’n gebed wat hy gebid het in ’n tyd van sy lewe waar hy moes vlug na die woestyn en ’n tyd lank daar moes vertoef:
Psalm 63
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in ‘n dor en droë land,
‘n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my ‘n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.