Ek lees vanoggend vir ons ‘n gedeelte van Psalm 26. Mag hierdie woorde vandag vir jou ‘n troos wees en die vrede gee wat jy soek:
Tot U, Here, rig ek my,
2my God, op U vertrou ek.
Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie,
laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie.
3Niemand wat sy verwagting in U stel,
sal beskaam word nie.
Dié wat nie op U vertrou nie,
hulle kom in die skande.
4Maak my u wil bekend, Here,
leer my u paaie.
5Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,
want U is God, my redder.
In U stel ek elke dag my verwagting.
6Dink aan die liefde en trou, Here,
wat U van altyd af betoon het.
7Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.
Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.
8Die Here is goed en regverdig:
Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,
9Hy laat aan hulpeloses reg geskied
en Hy leer hulle sy pad.
10Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel
met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.
11Ter wille van u Naam, Here,
vergewe my my sonde,
want dit is groot.
12As iemand die Here dien,
leer Hy hom watter pad hy moet kies,
13sodat hy voorspoed sal geniet
en sy nageslag die land sal bly bewoon.