Gedagte vir die dag | Maandag 10 Julie 2023

 

Ek lees vandag graag ‘n ou Psalm voor. Psalm 8. Mag ons in hierdie seisoen van die jaar ook al die mooi en goed van die skepping waardeer en in verwondering staan van alles rondom ons:

Here, ons Here,

hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,

hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3Kinders en suigelinge besing die magtige werk

wat U tot stand gebring het.

So word u teëstanders,

die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4As ek u hemel aanskou,

die werk van u vingers,

die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het,

5wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:

8skape en beeste, alles;

selfs die diere in die veld,

9die voëls in die lug,

en die visse in die see

wat die oseane deurkruis.

10Here, ons Here,

hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!