Gedagte vir die dag | Saterdag 17 Junie 2023

Vandag is Saterdag 17 Junie, en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God.  Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:

“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
  • Hoe neem ons deel

Kom ons sluit die week se reis af en luister na die gebed van Johannes Herder wat ons hiermee help:

Ons prys u Naam, o Vader, omdat U van voor die grondlegging van die wêreld af vir ons gekies het om u kinders te wees.

Ons prys u Naam, Vader, omdat U met ’n enkele woord die ganse wêreld in aansyn geroep het.

Ons prys u Naam, Vader, omdat U nie die werke van u hande laat vaar nie, maar elke dag vir ons sorg.

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U eenmaal na hierdie wêreld gekom het en langs ons kom staan het.

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U eenmaal op ’n berg geklim en vir die skare gesê het: Salig is julle . . .

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U eenmaal op die meer gewandel en die storm laat bedaar het met: Swyg, wees stil . .

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U by die blinde Bartimeus gaan staan het met: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U die vrou wat in ontug betrap is, vergewe het met: Gaan heen en sondig nie meer nie.

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U die man wat U verloën het, weer in u diens aangestel het met: Laat my skape wei.

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U aan alle bekommerdes gesê het: Julle is meer werd as baie mossies.

Ons prys u Naam, Here Jesus, omdat U beloof het: Kyk, Ek kom gou!

Ons prys u Naam, o Gees van God, omdat U op Pinksterdag na die kerk gekom het en uitgestort is op alle vlees.

Ons prys u Naam, o Heilige Gees, omdat U die Trooster van ons harte is.

Ons Prys u Naam, o Heilige Gees, omdat u vir ons intree by die Vader met versugtinge wat nie onder woorde gebring word nie.

Ons prys u Naam, o Gees, omdat U in ons woon en ons in die volle waarheid lei.

Ons prys u Naam, Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, U wat van ewigheid tot ewigheid God is en regeer!

Amen.