Vandag is Maandag 12 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself tans bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God deurdat ons elke oggend begin deur na dieselfde aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Om ons vandag hiermee te help luister ons die bekende woorde van Theresa van Avilla:
Christus het nou geen liggaam meer nie
behalwe joune.
Nie hande, nie voete het Hy op aarde meer nie,
behalwe joune.
Joune is die oë waarmee Hy barmhartig kyk na die aarde.
Joune is die voete waarmee Hy loop om goed te doen.
Joune is die hande waarmee Hy geheel die wêreld seën.
Joune is die hande.
Joune is die voete.
Joune is die oë.
Jy is sy liggaam.
Amen.