Koningkrykstyd is ’n tyd in die kerk waar gelowiges saamdink oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Dis ’n tyd waar ons vir onsself afvra waar ons orals God se Koningkryk en God se nuwe wêreld raaksien. In refleksie hierop lees ek vraag vir ons ’n vertaalde gebed van ’n kerkmoeder van die 16de eeu,Theresa van Avilla:
Christus het nou geen liggaam meer nie, behalwe joune.
Nie hande, nie voete het Hy op aarde meer nie, behalwe joune.
Joune is die oë waarmee Hy barmhartig kyk na die aarde.
Joune is die voete waarmee Hy loop om goed te doen.
Joune is die hande waarmee Hy geheel die wêreld seën.
Joune is die hande
Joune is die voete
Joune is die oë.
Jy is sy liggaam.