Huisgeloof vir families

Lidmate het waarskynlik al tydens ’n erediens die term, huisgeloof, in een van ds. Johan Visser se preke gehoor.  Hy is passievol oor die geloofsbegeleiding van kinders en families en daarom het hy, as die verantwoordelike leraar vir geestelike sorg in die gemeente dit goed gedink om ’n familiebestuurspan saam te stel om hom en ander leraars spesifiek met die begeleiding van ouers in hulle kinders se geloofsvorming by te staan.

Die benutting van HUISGELOOF as hulpmiddel:

Geloofsvorming is iets wat in die eerste instansie in gesinne se huise plaasvind.  Ds. Visser en die familiebestuurspan het al meer tot die besef gekom dat huis en kerk deurentyd  ’n span moet wees en dat beide ruimtes vir kinders se geloofsvorming baie belangrik is. “Ons wil voortaan deur ’n huisgeloofsbril kyk,” sê ds. Johan Visser, “wanneer ons ook al met die geloofsopvoeding en geloofsgroei in families werk, en daarvoor moet ons dus ’n baie nou verbondenheid met ons gesinne vorm.”

Die volgende grafiese voorstelling beeld die huis se plek in geloofsontwikkeling eenvoudig uit:

 Die 4-SKAPPE van die formasiereis met gesinne:

  • Vennootskap: Ons wil ’n sterk vennootskap met ons ouers vorm om hulle in die geloofsopvoeding van hulle kinders by te staan.
  • Ouerskap: Ons wil ouers toerus met die oortuiging dat huisgeloof en geloofsontwikkeling deel van ouerskap is.
  • Mentorskap: Dit is ’n belangrike hulpmiddel waarmee ons  ouers, kinders en jongmense  op hulle geloofspad en in die verskeie ontwikkelingsfases daarvan, kan ondersteun.
  • Vriendskap: Met die hulp van vriendskappe kan ons saam met ouers, kinders, tieners en jong volwassens by verskeie roetemerkers op ons onderskeie lewenspaaie stop en dit saam vier.

Die hartklop van die formasiereis is om jongmense op hulle onderskeie geloofspaaie te begelei sodat elkeen sy/haar eie identiteit in Christus, asook hul lewensroeping kan ontdek.  Sodoende sal hulle as geestelik selfstandige jongmense wat Jesus navolg, leef.

Bestudeer gerus die formasiereis se roetekaart.  Verskillende mylpale word by verskeie roetemerkers gevier en elke gelowige se reis is ’n persoonlike belewenis vanaf die dag dat jou ouers saam met jou by die doopvont staan, tot jy self belydenis van geloof aflê.

Die formasiereis as bedieningsmodel vir families word in 2023 geïmplementeer.

Formasiereis Boekmerk Finaal