Gedagte vir die dag | Dinsdag 13 September 2022

Vandag is Dinsdag 13 September en hierdie week het ons saam gereis deur na te dink oor God se beloftes. Die teks vir hierdie week was Romeine 8:26-39 en hierdie teks bevat talle beloftes van God vir ons as Sy kinders. Die beloftes spreek baie van ons vrese aan en gee vir ons die vrede sodat ons voluit en met waagmoed kan leef. Wat is hierdie waarhede waaraan ons mekaar daagliks kan herinner:

  • God se Gees staan ons in ons swakheid by.
  • God laat alles ten goede meewerk.
  • God bestem ons tot gelykvormigheid in Christus se beeld.
  • God is aan ons kant.
  • Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie.

God se Woord is vol beloftes soos met Romeine 8:26-39. Ons lees dit en ken sommige uit ons kop uit.  Ons gee dit vir mense in nood, maar as ons self in die nood is, sukkel ons om dit toe te pas en twyfel ons dikwels daaraan. Mag jy bly ontdek aan hierdie waarhede. Dit versterk ons geloof. Ons hou daaraan vas en dit vertroos ons.

Gebed: Here, baie dankie vir die beloftes in U Woord en vir die Heilige Gees wat U gestuur het om ons te begelei in hierdie waarhede.

Amen.