Ds. Jaco Strydom besoek Stellenberg

Ds. Jaco Strydom besoek Stellenberg

Jaco Strydom, bekende skrywer en teoloog, besoek die gemeente.  Teken gerus die volgende geleenthede in jou dagboek aan.

  • Sondag 31 Julie 09:00 in die kerk | Ds. Jaco Strydom preek tydens die oggenddiens.

 

  • Dinsdag 2 Aug. 18:00 in die kleinsaal | Boekbekendstelling: Deon Meiring gesels met Jaco Strydom oor sy nuwe boek,  Alle sondaars welkom.  Bring ’n piekniekmandjie met eetgoedsaam.  Wyn en koeldrank word voorsien.   Bespreek jou plek deur HIER te klik of die QR-kode te skandeer.

Jy kan ook vir Anneke by anneke@stellenberg.co.za kontak.

 

  • Woensdag 3 Aug. 18:30 in die kleinsaal | ’n Gesprek met Jaco Strydom saam met jongmense van die gemeente. Almal tussen 19 en 35 jaar oud, asook diegene jonk van gees, word uitgenooi om die gesprek by te woon.