Die basaar was eersteklas

Die basaar het die mooi opbrengs van R86 000 gelewer en was ook vir oud en jonk ’n heerlike saamkuiergeleentheid.

Karen Visagie en Lindy van Wyk de Vries, basaarorganiseerders, vertel dat die kerrie-en-rys, roosterkoeke en pannekoeke die gewildste kositems op vanjaar se basaar was.  Die aktiwiteite wat vir kinders aangebied is, veral die skyfskiet, het ook baie goeie aftrek geniet.  Karen en Lindy beoog om volgende jaar die aktiwiteite vir kinders uit te brei en oorweeg selfs ’n talentkompetisie, asook ’n kindermark, waar die jongspan geleentheid gebied sal word om hulle entrepreneursvernuf ten toon te stel.

Die witolifantwinkel was vanjaar een van die gewildste trekpleisters by die basaar en het ’n stewige R16 000 opgelewer.  Juliana Visagie en haar span helpers het die tweedehandse ware keurig uitgestal.  Juliana sê: “Die witolifantstoor is nou dolleeg!  Mense kan maar solank bydraes vir volgende jaar se witolifanttafel by die kerkkantoor afgee.  Ons het genoeg stoorplek.”

Die basaar was ’n heerlike familiefees en ons maak DV Maartmaand 2023 beslis weer so.  Stuur gerus voorstelle of nuwe idees na karen@stellenberg.co.za.