Neem kennis die geleentheid saam met Deon Meiring word vanaf Maandag 11 April na Woensdag 13 April verskuif.
Woensdag 13 April 19:00 in die markplein
Kom sluit gerus aan by die langtafelete saam met Deon Meiring. Kom geniet ’n aand van sang, vertellings en gedigte saam met hom en bring ook jou eie piekniekmandjie met eet- en drinkgoed saam. Borde en glase word voorsien. Toegang is gratis.