Inleidende video oor die fokusprogram
Om die tafel | Spyskaart . . .
-
OM DIE TAFEL MET GEBED
Dinsdag 12 April 18:30 in die gebedskapel.
Kom bid saam om die tafel en luister na kruisgebede.
-
OM DIE TAFEL SAAM MET DEON MEIRING
Woensdag 13 April 19:00 in die kleinsaal
Neem kennis die geleentheid saam met Deon Meiring word vanaf Maandag 11 April na Woensdag 13 April verskuif.
Woensdag 13 April 19:00 in die markplein
Kom sluit gerus aan by die langtafelete saam met Deon Meiring. Kom geniet ’n aand van sang, vertellings en gedigte saam met hom en bring ook jou eie piekniekmandjie met eet- en drinkgoed saam. Borde en glase word voorsien. Toegang is gratis.
-
OM DIE AVONDTAFEL | 14 April 19:00 in die kerk
Nagmaal in die kerk om 19:00
Paasfeesplekmatjies
Dink en gesels saam oor Paasfees aan die hand van dié prettige Paasfeesplekmatjie. Klik op die skakels hier onder om ‘n A4-grootte plekmatjie af te laai. Druk vir elke gesinslid ’n plekmatjie wat julle dan tydens die Groot Lydensweek aan tafel kan gebruik. Skandeer die QR-kodes op die plekmatjie met jou selfoonkamera en vind interessante geselsvrae oor Paasfees wat julle as gesin kan bespreek.
Handleiding vir Paasfees | Stap saam met Jesus
Klik deur om die handleiding af te laai