Baie mense bid innig in die dae, sommige vas selfs, uit die verlange om geestelik gevoed en met nuwe selfkennis, perspektief en helderheid geseën te word. Eric Milner- White skryf hierdie meditasie wat ek dink ons hiemee kan help:
Here, seën ons tog in hierdie Lydenstyd. Laat ons waarlik vas deurdat ons in opregte gebed gevoed word deur u Gees; openbaar ons aan onsself deur u heilige lig – sodat ons onsself herken in u lyding en lewe.
Laat ons tog nooit dink dat ons genoeg kennis het – sodat ons nie onderrig benodig nie; genoeg wysheid – sodat ons sonder teregwysing kan klaarkom; genoeg vermoë – sodat ons nie van genade afhanklik is nie; genoeg ordentlikheid – sodat ons nie meer hoef te groei nie; genoeg nederigheid – sodat ons nooit hoef te bekeer nie; genoeg toewyding – sodat ons nie verhuwing nodig het nie; genoeg krag – sodat ons sonder u Gees kan regkom.
Help ons in hierdie dae en weke om na U terug te keer, en so na ons ware self, deur die krag van u Heilige Gees en tot u eer, ons Here en ons God. Amen
Oral tussen ons loop mense met die soort houding, met die soort gebed, veral in die dae, elke jaar weer, maar eintlik ook sommer elke dag, as ons net sou weet. Laat ons dus in hierdie tyd, sag na mense kyk, soos God ook met sagte oë na ons kyk.