Hartlik welkom aan Anneke

Anneke Serfontein is sedert 1 Februarie onder andere daarvoor verantwoordelik om die kerkkantoor se ontvangs te beman.  Sy was voorheen ongeveer sewe jaar by die Stellenberg Ondersteuningsentrum werksaam.

Anneke is nie alleen ’n pragtige vrou nie, maar het ook ’n energieke, vriendelike persoonlikheid en word altyd met ’n breë glimlag gesien.

Haar grootste liefde is manlief, Theuns en hulle twee spruite Mieke (13 jaar oud) en Tian (10 jaar oud).  Die Serfonteins woon in Sonstraalhoogte.  Anneke se gunstelingtydverdryf is om kwaliteittyd saam met haar gesin en vriende deur te bring en sy is versot op bonkige, kleurvolle oorbelle.

By die kerkkantoor geniet sy die interaksie met haar kollegas en veral met die lidmate en sy is altyd te vinde daarvoor om die dag met ’n paar blinkertjies op te vrolik!

Kom maak gerus kennis met Anneke.