Basaar 2022

Vrydag 4 Maart om 15:00

Ons gaan weer soos van ouds basaar hou.  Help asb. met die volgende:

  • Op die spyskaart. Braaivleis en slaai, kerrie-en-rys, hamburgers, boereworsrolle,  jaffles, roosterkoek, tjips, vetkoek, pannekoek, poeding, doughnuts, spookasem en drinkgoed.
  • Vir die kinders is daar lekker speletjiies. Kom versier jou eie kolwyntjie, skyfskiet en springkastele.
  • Gebak. Tuisgebak of gekoop:  koek, beskuit, tert, kleinkoekies, ens. Gee bydraes asb. op die basaardag by die offertafel af.
  • Bestanddele. Skenkings van bestanddele help ons om die basaarkos teen laer pryse ekstra lekker te maak. Die volgende kan by die kerkkantoor afgegee word:  meel, suiker, boksies vla, kaas, rys en eiers.
  • Tjoppies op die vuur. Maak asb. ’n donasie vir die aankoop van lamsvleis.  Dit kan oorbetaal word na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005, of gebruik die SnapScan kode.  Gebruik basaar as verwysing.
  • Poeding. Het jy ’n klitser, ’n mengbak, ’n oond en ’n yskas – dan kan jy help met die maak van gebakte of jelliepoedings vir die basaar.  Laat weet vir Karen by 082 827 9389 waarmee jy kan help.
  • Navrae: Karen Visagie, feesmark@stellenberg.co.za/082 827 9389