Hulp@stellenberg.co.za

Die leraarspan is diep onder die indruk van die fisiese en psigiese nood wat gesinne en individue te midde van die pandemie beleef en is bekommerd oor die moontlikheid dat lidmate moontlik nie die nodige ondersteuning ontvang nie.  Indien jy nood van enige aard beleef, neem asseblief die vrymoedigheid om by hulp@stellenberg.co.za aan te meld.  Boodskappe sal vertroulik en met groot diskresie deur die leraarspan hanteer word.