Gedagte vir die dag | Vrydag 20 Augustus 2021

Ek lees graag vir julle ’n baie ou gebed.  Mag jy hierdie gebed ontvang as jou eie en terwyl jy oor die woorde reflekteer, vashou aan die troos dat God op somtyds onopmerklike wyses in ons lewe teenwoordig is.  Waar ons ookal gaan, en watookal met ons gebeur.

Psalm 139:1-12

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.

Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,

U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.

Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.

Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.

U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.

Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?

Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,

ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.

Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,

maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.