Markplein

Die eertydse rooiplein, die geplaveide area voor die saalkompleks, is in 2015 in ‘n ruim kuiervertrek omskep, met glasskuifdeure wat kan oopmaak om ‘n gesellige ruimte vir gemeentebyeenkomste, waar daar binne en buite gekuier kan word, te wees.

Die koste van R1,2 miljoen het ook veranderinge aan die reeds bestaande kafeteria ingesluit.  Die markplein is in November 2015 ingewy en op die foto regs is lidmate besig om vir die naam van die nuwe kuierplek te stem.  Die naam markplein het toe die meeste stemme gekry.  Die ruimte word sedertdien op Sondae as ‘n kafeteria gebruik en as ’n restaurant en kuierarea tydens die feesmark, basaar en ander gemeentefunksies.