Gedagte vir die dag | Dinsdag 13 Julie 2021

Gebed, het die eerste gelowiges geglo is wanneer ookal die stilte tussen ons en God onderbreek word.  Jesus se dissipels het op ’n stadium vir Hom uitgevra oor gebed.  Hy verduidelik toe vir hulle dat hulle hele lewe ’n gebed moet wees en gee toe vir hulle ’n gebed wat ons vandag ken as die Onse Vader.  Ek lees graag vir julle ’n verwerking van hierdie gebed deur Frieda van den Heever:

Ons Vader, wat nêrens woon en oral bly

Laat u naam wyd en gewyd bly, hoe dit ookal sy

Laat U Ryk ons kom en gaan bepaal

U nuwe wêreld ons stukkie vir stukkie kom haal

Soos in die hemel, so ook op die aarde

Leer ons om een dag op ’n slag te leef

En vergewe ons as ons die punt mis, nes ons

ander vergewe wat die punt mis

laat ons soeke nie in versoeking ontaard nie

en ons vind nie die van die Bose wees nie

want niks is soos U Is nie

en U is al en alles in ons wat Is

U Is, en Is, en Is

Vir ewig en ewig

Amen