Die spasie binne my geloof
Vandat ek Sondagskool toe gegaan het as ’n kind was geloof en godsdiens, binne my verstaan, in steen gegiet gewees wees. Die mense wat te veel vrae gevra het oor geloof en godsdiens was as die “moeilikheid-makers” gesien. Dus het ons nooit ons geloof bevraagteken nie, ons het nie as kinders gevra waarom, of hoekom ons glo soos wat ons glo nie. Later in my lewe kan ek in alle eerlikheid sê dat ek jammer is hieroor, want geloof het vir my verdiep en verbreed toe ek begin vrae vra. Ek kon dit wat ek glo beter begin verwoord en ek het nuut begin dink oor hoekom ek sekere denke in my kerk nie aanvaar het nie.
Toe ek teologie gaan studeer het, het my vrae baie meer geraak. Vandag vra ek nog steeds vrae en die vrae neem my op ’n ontdekkingsreis na dieper en breër geloof.
Die Bybel nooi ons om vrae te vra, al dink ons somtyds dat dit in steen gegiet is. Job se verhaal is een van soeke na die antwoord: Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? God antwoord vir Job nadat hy en sy vriende hieroor redeneer en vrae uit die Stormwind vra.
Job 1-7
1Toe het die Here vir Job aangespreek uit ‘n stormwind uit:
2“Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?
3Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My.
4Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het.
5Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? Wie het ‘n maatlyn oor hom gespan?
6Waarop is sy voetstukke neergesit? Wie het hom aanmekaargesit
7daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het?
God antwoord vir Job weer met vrae. God kies om hier vir Job te wys dat die vrae wat ons vra rondom ons geloof ruimte vir ons geloof skep waarin dit kan verdiep en groei. Wat is die vrae wat jy in 2021 oor jou geloof wil vra.
Gebed:
Here, dankie dat U vir ons uitnooi om vrae te vra. Dankie vir geloof verdieping en soeke na die waarheid van wie U is in die wyses waarop U met ons werk. Ons bid Here vir die wat worstel met vrae in hierdie tyd van die pandemie, mag dit ’n verdiepingsreis wees wat hulle nader aan U bring. Amen