Efesiers 3:20-21. “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”
Paulus skryf in sy brief aan die Efesiërs dat God magtig is om “oneindig meer te doen as wat ons bid of dink” (Efesiërs 3:20). Dit is ’n merkwaardige woord wat ’n mens gerus maar aanhoudend moet herhaal en bepeins totdat dit deel geword het van jou geloofslewe. Dan sal dan vir ons ’n bron van troos en hoop wees.
Omdat God ons liefhet met ’n onpeilbare en onberekenbare en onbegryplike liefde, kan en wil Hy in ons lewe oneindig meer doen as wat ons selfs kan bid of dink. Ons bid vir so baie dinge en ons dink oor hoe ons graag sal wil hê die dinge in ons lewens moet gebeur. Ons kom voor God met ons planne en begeertes en vra dat Hy tog sal doen wat ons graag wil hê.
God wil graag Sy onmeetlike krag in ons lewens beskikbaar stel. Ons hoef nie langer op ons eie vermoëns staat te maak nie. Hy kan veel meer doen as wat ons ooit kan verwag. Jy kan elke dag God se wonderwerkende krag vir jou lewe toe-eien. Hierdie krag is beskikbaar vir al die uitdagings en probleme op jou lewenspad.
GEBED
Here help my, staan my by en onsluit asseblief U krag in my. Amen