Romeine 12:1-2. “1En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”
Pinkster nooi gelowiges uit om te reflekteer oor hoe ons, ons geloof kan beliggaam. Om God se groot storie van liefde uit te leef waar ons ookal gaan en teenoor elke persoon wat ons ontmoet. Tydens Pinkster word ons uitgenooi om diep te luister na die Gees en bewus te raak waar God besig is om iets nuut in ons lewens te doen. As gelowiges, glo ons dat God alreeds besig is om die wêreld ’n mooier en meer betroubare plek te maak. Ons word uitgenooi om dit saam met God te doen. Mag die kerkvader, Francis, se gebed vir ons daartoe inspireer:
Vredesgebed deur kerkvader Francis van Assisi
Lord, make me an instrument of your peace.
Where there is hatred, let me sow love;
Where there is error, truth;
Where there is injury, pardon;
Where there is doubt, faith;
Where there is despair, hope;
Where there is darkness, light;
And where there is sadness, joy.
O Divine Master, grant that I may not so much seek
To be consoled as to console;
To be understood as to understand;
To be loved as to love.
For it is in giving that we receive;
It is in pardoning that we are pardoned;
It is in self-forgetting that we find;
And it is in dying to ourselves that we are born to eternal life.
Amen.