Die Kersvreugde-winkel

Alles wat jy moet weet:

  • Inkopietye is weeksdae vanaf 09:00 tot 18:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 16:00.  Die winkel is gesluit op Sondae.
  • 160 uitstallers stal dekoritems, gebak, deliprodukte, juwele en Kersgeskenke vir die hele gesin uit.
  • Die ingang na die winkel sal by die skadunetparkering aan die kant van die saalkompleks wees. In die grootsaal sal jy al die gebak, deliprodukte, mansgeskenke en snuisterye vir die jongspan aantref.  In die kleinsaal word dekoritems, kaartjies en boeke uitgestal.  Juwele kan in die bovertrek besigtig en betaal word.  Kasregisters vir die aankoop van alle ander items sal in die grootsaal wees.
  • ’n Wegneemete-restaurant word deur Malita Joubert, bekende spysenier van Moorreesburg, bedryf.  Sy het onderneem dat immergewilde disse soos hoenderpastei en afval op die spyskaart  sal wees. Heelwat sitplek by tafels sal op die terrein ingerig word vir diegene wat verkies om hulle wegneemetes op die terrein te geniet. 
  • ’n Koffiewinkel met baie ruimte om te verseker dat sosiale distansiëring gehandhaaf word, word in die saalgedeelte van die kerk ingerig.  Lekker koffie, cappuccino’s en iets vir die soettand sal daar te koop wees.  Dit sal ’n gesellige kuierplek wees waar vriende mekaar voor, of na ’n besoek aan die winkel, kan ontmoet.
  • Geen toegang sonder ’n masker word toegelaat nie en toegangsbeheer sal toegepas word.
  • Ons doen ’n beroep op klante om inkopies met krediet-,  debiet-, of Kaapse verbruikerskaarte te betaal.  Sodoende word die moontlike verspreiding van die koronavirus bekamp en dit verminder ook sekuriteitsprobleme.
  • Die opbrengs van die winkel sal vir die gemeente se werksaamhede aangewend word.