Ek wil sommer met ’n advertensie weg val en om julle hartlik uitnooi na ons Vosburg insameling hierdie Vrydagmiddag. Kom kuier asseblief saam met ons. Daar is heerlike eetgoed en alles word binne die Covid-19-protokol aangebied. Die insameling is ten bate van die Vosburg-gemeente en sluit mooi aan by ons tema van vandag: “Doen aan ander”.
Matteus 20:40. “Dan sal ek, die koning, hulle antwoord. Hoor nou wat ek vir julle sê: As julle so iets gedoen het, vir een van hierdie broers van my, al was hy ook die eenvoudigste van hulle almal, dan was dit vir my wat julle dit gedoen het.”
Die advertensie in die 18de eeu het as volg gelui: Kom luister Sondag, na die besoekende, jong Hollandse skilder/prediker Vincent van Gogh. Hy sal oor vrede preek. Sy teksvers is uit Haggai 2:9: “Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige”. Klink dit vergesorgd? Dit het tog so gebeur, so lees ek.
Op 4 November 1876, het van Gogh die pastorieseun van Zundert, in Londen sy eerste preek gelewer. Hy was ’n Hollander, en hy het die preek nogals in Engels gelewer! Wie van ons sou nie graag daardie diens wou bywoon om te luister na een van die grootste skilders van alle tye nie. Enige een van sy skilderye is vandag miljoene rande werd. As ’n mens so skildery het, en jy sou dit verkoop hoef jy waarskynlik nooit weer te werk nie.
14 jaar later, sterf van Gogh egter tragies in Auvers-sur-Oise, in Frankryk. Nadat hy vir ’n tyd lank in ’n psigiatriese kliniek behandel is, het hy sy eie lewe geneem. ’n Mens wil vra, wat het dan tog in die arme man se lewe verkeerd geloop? Daar is ook al baie geskryf en gepraat hieroor, want hy was ‘n sterk en diep Godsdienstige man wat aangegryp is deur die nood van sy medemens. En soos een skrywer dit stel: “Hy het daarna gedors het om die mensdom te dien.”
Vincent van Gogh het die Bybel bestudeer, en het tydens sy besoek aan Londen en later in Holland en België, homself voltyds besig gehou met Bybelstudie en siekebesoek en die versorging van armes. ’n Paar liefdesteleurstellings en die onsimpatieke optrede van vriende en kerkmense wat hom in die steek gelaat het, het hom egter later laat besluit om eerder voltyds te skilder. Maar hy het in ’n eensame, eksentrieke en wanhopige mens ontaard. Hy sou saam met Job kon uitroep soos in Job 12:4: “Ek is ’n grap vir my vriende, dit is iemand wat tot God roep en van Hom ’n antwoord kry.” Job het sy beproewing oorleef, en ons kan sê dat van Gogh het nie. So is daar talle mense na hul graf, nie noodwendig vroeg nie, maar omdat hulle aan hul eie lot oorgelaat is. Hulle het die stryd teen honger, dors, gebrek aan huisvesting, klere, siekte, maar ten diepste verwardheid en eensaamheid en uiteindelik verloor. Vêr weg van iemand of mense wat hulle liefhet.
Daarom het Jesus ons daaraan herinner in ons teksvers. “Vir sover julle dit aan een van hierdie geringste broers van my gedoen het, het julle dit aan my gedoen.” Elke dag moet ons dit vir onsself afvra, elkeen van ons, doen jy dit genoeg? Laat ek en jy altyd vir Vincent van Gogh onthou.
Gebed
Here, gee ons die genade om die nood, die seer en die pyn rondom ons raak te sien.