2022 Jaartema

2022 Jaartema | Ons behoort

Deur: Ds. Marius Breytenbach

Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe? In Romeine 14:7-9 antwoord Paulus: “Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, lewe ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here”.

Die ervaringe van die afgelope twee jaar het hierdie realiteit op soveel verskillende maniere tot gelowiges laat deurdring. Alhoewel ons voor soveel nuwe uitdagings gebring is en sommige intense hartseer en trauma moes deurmaak, is ons tog deur die Here op hierdie punt gebring waar ons saam ’n nuwe jaar in gaan. Dit bring ’n mens by nog ’n betekenis of komponent van “om te behoort”. Ons word juis nou opnuut deur die Here geroep om met liefde, vreugde, vrede, geduld, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid in ons hede te leef.  Om te behoort is dus nie in die verband ’n opdrag nie, maar eerder ’n spontane reaksie wat in ons ontstaan.

“Ons behoort” is ons gemeente se fokus in 2022. Juis daarom nooi ons jou om ons eredienste op Sondae te kom ontdek en beleef, saam met die saamkuier agterna.  Daar is ook gebedsgeleenthede, die Bybelskool en kategese waarby jy kan inskakel om deel  van ’n geloofsgemeenskap te wees en waar jy die troos dat jy aan die die Here behoort sal ervaar. Dit sal ons elkeen inspireer om met ’n verskil in 2002 te leef.